Varklies met geroosterde groente

Maak 'n krakerige varklies op die Steelle Outdoor spitbraai


Bestandele:

2 – 3kg varklies ontbeen 250ml PappaChef Craft Braai sous 50g PappaChef All-purpose Braai Rub 1 x rooi ui in repies gesny 1 x lemoen geskil en in kwarte gesny 1-2 kg rooster groente van jou keuse.

Metode:

1. Maak seker die varklies is skoon en droog. Draai die varklies dat die vel na onder wys. 2. Sny ‘n 3-4 cm vertikale snye in die middel van die varklies tot by die vel, maar moet nie die vel sny nie. 3. Stop die sny vol met die lemoene en rooi uie. 4. Smeer die varklies net aan die vleis kant met die Craft braai sous en gooi toe met die All-purpose rub. 5. Rol die varklies op en knoop die lies toe met slagters tou (Butchers Twine) of draad. Maak seker al die vulsel is in die middel en dat die velletjie weer skoon is.


Spit Metode: 1. Vurk die varklies op die spit en rooster vir ongeveer 2-3 ure tot goud bruin en krakerig aan die buite kant, met die groente wat onder in die pan rus. 2. Sny die lies in skywe, sprinkel met ‘n bietjie growwe sout, ‘n bietjie vars suurlemoen sap en biedien met Tant Anna se Heuning Mosterd.


Oond Metode: 1. Gooi die groente eweredig uit in ‘n bak pan. 2. Rus die varklies bo die groente. 3. Bak die varklies vir ongeveer 2-3 ure teen 180 grade Celsius of tot die vel goud bruin, bros en krakerig is. 4. Maak seker die vel bly droog gedurende die bak proses om daardie kraak effek op die vel te kry. 5. Sny die lies in skywe, sprinkel met ‘n bietjie growwe sout, ‘n bietjie vars suurlemoen sap en biedien met Tant Anna se Heuning Mosterd.


Smaaklike ete!




40 views0 comments

Recent Posts

See All