PappaChef & Oom Karel se een Pot Hoender Wonder


Die inspirasie vir hierdie dis was een van my gunsteling disse die Pastorie Hoender een pot wonder maar, hier is oom Karel se "Twist"!


Bestandele:

750g – 1kg Hoender Borsies 50g Peppadews (Gesny) 25g PappaChef all purpose rub 100g Feta Kaas (Gekrummel) 20g Vars Koljander 2 Koppies rys 375 ml Water 1 x Oom Karel se Geelgoud (375ml) Mosterd Mayonnaise 1 halwe rooi ui (gesny)


Metode: 1. In ‘n groot oond bak pan of braai vleis kasserol pak ‘n lagie hoender borsies, gevolg deur die twee koppies rys eweredig gegooi oor die hoender. 2. Gooi die koljander oor die rys gevolg deur die peppadews, feta en die rub. 3. Gooi die geelgoud oor die rys. Gooi die water in die bottel en skud twee keer.Gooi dan oor die rys uit. 4. Gee die hele bak een lekker roer 5. Maak die bak toe met ‘n deksel indien jy nie ‘n deksel het nie, gebruik foelie. 6. Vergeet dan van die dis vir 35 minute teen 180 grade in die oond. 7. Haal die baksel uit en laat vir ongeveer 10 minute afkoel met die deksel op. 8. Skep uit en bedien met ‘n groenslaai.


Heerlik en maklik!





95 views0 comments

Recent Posts

See All