Gourmet Boerie roll

Wees bietjie meer kreatief by die huis wanneer jy boerewors rolle maak.

Probeer hierdie drie metodes om dinge bietjie anders te maak!


Bestandele:


- 2 x PappaChef Boerewors pakke

- 100 g Gemengde soetrisssies (gensy in repies)

- 1 x Blik tamatie en uie mengsel

- 25 g Bruin suiker

- 30 g Vars gekapte koljander

- 400 g Gerasperde Mozzarella kaas

- 400 g Gepekelde agurkies in repe gesny

- 400 g Ingelegde beet

- 400 g Peppadews

- 500 g Slap Tjips

- 400 g Ingelegde Jalapeno's

- 400 g Gedroogte uie

- 400 g Gerasperde Mozzarella kaas

- Tant Anna se Gerookte Mayo

- Oom Karel se Geelgoud



Metode:


Metode 1

  1. Braai boerewors op 'n vuur of in die pan

Metode 2

  1. Plaas soetrissies in 'n pan

  2. Haal stukkies boerewors uit die derm en maak klein frikkadelle

  3. Pak frikkadelle in pan by die soetrissies

  4. Laat dit bietjie braai

  5. Voeg tamatie en uie mengsel asook bruinsuiker by soetrissies en frikkadelle

  6. Gooi vars koljander by

  7. Laat al die bestandele met mekaar trou.

  8. Gooi dan mozzarella bo-oor die mengsel


Boerewors rol weergawe 1:

  1. Sny Sunbake boerewors rol oop

  2. Smeer 'n lagie van Tant Anna se gerookte mayo aan die middel van die broodjie

  3. Sit 'n stukkie boerewors op

  4. Plaas ingelegde agurkies aan die kante

  5. Plaas beet en pepperdew bo-op


Boerewors rol weergawe 2:

  1. Sny Sunbake boerewors rol oop

  2. Smeer Oom Karel se Geelgoud in die middel van die broodjie

  3. Plaas die slap tjips op die broodjie

  4. Sit 'n stuk PappaChef Boerewors bo-op

  5. Plaas stukkies Jalapenos tussen deur die wors

Boerewors rol weergawe 3:

  1. Sny Sunbake boerewors rol oop

  2. Plaas frikkadel mengsel op die broodjie

  3. Plaas gedroogte uie bo-op



75 views0 comments

Recent Posts

See All