Blikkie kondensmelk melkkos

Daar is nie groot tegniek nodig vir hierdie trooskos nie.

Gebruik 'n blikkie kondensmelk as die maatstaaf vir al die bestandele.


Bestandele:

1 x blikkie kondensmelk

3 x blikkies melk

1 x blikkie gesoute botter

2 x blikkies meel


Na smaak:

Kaneelsuiker

Pomelo segmente

Granaat pitte

Geroosterde neute


Metode:

Voeg melk en kondensmelk in 'n pot en bring tot kookpunt.

Los melk mengsel dan eenkant.

Voeg botter by meel en maak krimmel mengsel.

Voeg krimmel mengsel by melk mengsel en roer. Hoe meer daar geroer word, hoe minder klonte in die melkkos.