GEMMERVARK GENOT

Bestandele:

  • 1 kg varkvleis in blokkies gesny

  • 3 k (750ml) gemmerlim

  • 2 uie

  • 4 knoffelhuisies

  • 3 repe spekvleis, fyn gekap

  • 1 bouquet garni (lourierblaar, vars tiemie en pietersielie)

  • 15 ml hoenderaftrekselpoeier

  • 30 ml growwe mosterd

  • 15 ml mielie blom

  • bietjie olie

  • 1 k gaar basmatirys

Resep:

  • Geur varkvleis met sout en peper.

  • Voeg spek en varkvleis in bietjie verhitte olie in kastrol en braai tot effens bruin. Skep dan uit.

  • Braai dan uie en knoffel in die kastrol tot sag. Skep vleismengsel terug en sit garni by.

  • Roer die aftrekselpoeier en mosterd by en giet die gemmerlin by. Laat kook, draai hitte af en prut vir 5 min.

  • Roer mielieblom met 30 ml water. Voeg dit by die mengsel en hou aan roer tot dit verdik en weer kook.

  • Haal garni uit en sprinkel tiemie oor.





42 views0 comments

Recent Posts

See All